Vier sterf in Spanje toe gebou ineenstort

Vier mense is dood en sowat 20 beseer nadat die dak van ʼn tweeverdiepinggebou op die gewilde Spaanse eiland Majorka ineengestort het. Talle mense is vermoedelik nog onder die puin vasgekeer. Die BBC berig plaaslike polisie het aan verslaggewers gesê die balkon het vermoedelik meegegee omdat te veel gewig daarop geplaas is, maar het benadruk dat die presiese oorsaak nog ondersoek word. Spanje se eerste minister, Pedro Sánchez, sê hy hou die situasie noukeurig dop en sy regering sal al die nodige hulp daarheen stuur.