Vier SA rugbyspanne takel mekaar vandag in Verenigde Rugbykampioenskap

Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne in die Verenigde Rugbykampioenskap pak mekaar vandag in twee plaaslike derbies. Die Stormers verwelkom die Bulle in Kaapstad in ‘n wedstryd wat om twee-uur vanmiddag afskop. Net daarna is die Sharks en die Leeus in Durban aan die beurt. Die Stormers is tans die beste Suid-Afrikaanse span op die punteleer. Hulle lê sesde, gevolg deur die Bulle, sewende, en die Sharks, wat agtste is. Die Leeus neem die twaalfde posisie in.