Vier renosterstropers in SA gevonnis

SanParke het die vonnisse verwelkom wat die Skukuza-streekhof in Mpumalanga in twee verskillende sake aan renosterstropers opgelê het. In die eerste saak is Nito Mathebula tot 13 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is op drie aanklagte van stropery. In die tweede saak is die voormalige SanParke-veldwagter, Phineas Dinda, Arlindo Manyike en Alfa Gwebana tot 16 jaar tronkstraf gevonnis. SanParke se Woordvoerder, Ike Phaahla, sê daar is ‘n ongelisensieerde vuurwapen by die drie gevind.