Vier renosters, een olifant vanjaar in Namibië gestroop

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê vanjaar is vier renosters en olifant in Namibië gestroop. Twee van die vier renosters is witrenosters wat op private plase gestroop is. Die olifant is in die Otjozondjupa-streek in ‘n bewaringsgebied gestroop. In Junie is verskeie vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem. Muyunda vertel.