Vier Namibiërs in Pretoria vasgetrek vir diamantsmokkelary

Vier Namibiese burgers tussen 49 en 62 is by ʼn winkelsentrum in Mayville, Pretoria, aangekeer in verband met onwettige handel in diamante ter waarde van 3,7 miljoen Namibiese dollar en geldwassery. Dit volg nadat die Tshwane metropolisie en ander wetstoepassingsagentskappe inligting ontvang het van diamante wat by ʼn winkelsentrum oorhandig gaan word. Die span het die verdagtes ingewag. Volgens die metropolisie se woordvoerder, Isaac Mahamba, is twee mans en twee vroue in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 36 diamante.