Vier ministeries het nog nie lede by Psemas geherregistreer

Die staat se mediese fonds, Psemas, is besig om te herstruktureer om die skema meer volhoubaar te maak. Die ministerie van finansies is besig om kort en medium termyn hervormings te implementeer. Van die kort termyn hervormings sluit in die herregistrasie van lede en hul afhanklikes. Die herregistrasie het ten doel om die lidmaatskap-bestuurstelsel te verfyn. Wilson Ashikoto, die skakelbeampte in die ministerie van finansies, sê werknemers in vier ministeries het nog nie die herregistrasieproses voltooi nie.