Vier in hof oor smokkel van ietermagô

Vier mense wat teregstaan op klagte van wildsmokkelary verskyn vandag in die landdroshof in Mmabatho in Noordwes. Hulle word aangekla kragtens die Wet op Nasionale Omgewingsbestuurbiodiversiteit. Die vier, tussen die ouderdom van 33 en 59, is by die Crossing-winkelsentrum in Mahikeng aangekeer nadat hulle na bewering probeer het om ‘n ietermagô vir 250 000 rand te verkoop. Die Ernstige Georganiseerde Misdaadondersoek-eenheid van die Valke het hulle in hegtenis geneem nadat die ietermagô in hul voertuig gevind is. Die dier is in veilige bewaring.