Vier-dag werkweek vind byval in SA

Suid-Afrika het die vier-daagse werkweek suksesvol getoets, met 26 deelnemende ondernemings wat beduidende voordele vir beide werknemers en werkgewers aangeteken het. Die proeflopie, wat ses weke geduur het, het verhoogde inkomste, beter produktiwiteit, minder bedankings en minder afwesigheid getoon. Werknemers het verbeterde welstand, minder stres en ‘n beter werk-lewe-balans ervaar. Die positiewe uitkomste stem ooreen met globale ervarings, en 92 persent van die deelnemende ondernemings het hul voorneme uitgespreek om voort te gaan met die vier-daagse werkweek-model.