Vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het vier Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld, asook 25 nuwe gevalle van 1 123 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,2 persent verteenwoordig. In die groep is drie leerders, twee studente en een onderwyser en gesondheidswerkers elk. Daar is nou 869 aktiewe gevalle, waarvan 49 in hospitale is en vyf in intensiewesorgeenhede. Altesaam 219 342 mense is ten volle ingeënt.