Vier beseer in ontploffing in Tokio

Vier mense is beseer in ‘n ontploffing in Tokio in Japan. Drie van die beseerdes is in ‘n ernstige toestand. Puin is oor ‘n nabygeleë kruising gestrooi en volgens die land se nasionale uitsaaier het ‘n rookwolk oor die gebied gehang. Die oorsaak van die ontploffing is nie bekend nie, maar volgens ooggetuies kon gas net voor die ontploffing geruik word. Die ontploffing het in ‘n gebou naby ‘n treinstasie plaasgevind.