Viagra kan dalk help om die risiko van Alzheimer te verlaag

Na ‘n dekade lange vrugtelose soektog vir medikasie wat kan help om Alzheimer te bekamp, het ‘n onwaarskynlike kandidaat sy kop uitgesteek, Viagra! Navorsers het gevind dat mans wat Viagra en soortgelyke medikasie neem 18% minder geneig is om later die vorm van demensie te ontwikkel in vergelyking met diegene wat nie die middels gebruik nie. Die verlaging van Alzheimer was beter by mans met sterker voorskrifte van Viagra. Wetenskaplikes het gevind dat daar ‘n 44% laer risiko vir Alzheimer is by diegene wat 21 tot 50 voorskrifte van Viagra in hul studie ontvang het.

Foto verskaf.