VF+ sê onderwys, kultuur stap hand aan hand

Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrikaanse onderwysinstellings moet in kultuurgemeenskappe geanker wees en hulle moet die reg hê om aan die bestuur en ontwikkeling van privaat- én openbare onderwysinstellings deel te neem. Wynand Boshoff van die party sê dit is in die bepalings van die Verenigde Nasies se Internasionale Handves van Burger- en Politieke Regte van 1976, wat Suid-Afrika in 2015 bekragtig het. Boshoff sê die verdrag gee lande opdrag om burgers die geleentheid te bied om hulle ekonomiese, maatskaplike en kulturele vryelik na te streef.