Namcor toon dalk verliese, maar ‘maak steeds wins’

Namcor sê hy het ‘n skuldlas van 2,5 miljard Namibiese dollar tot 1,9 miljard dollar teen September vanjaar verminder. Dit is reggekry deur nougesette verkoopsbeplanning, robuuste marge- en winsgewendheidsontleding, en strategiese skuldherstrukturering. Terwyl die maatskappy tans ‘n positiewe bruto winsposisie geniet, het hy ingryping van die regering nodig om verdere rente op skuld te vermy. Namcor se waarnemende besturende direkteur, Shiwana Ndeunyema, het tydens ‘n persinligtingsessie verduidelik dat die maatskappy steeds wins maak ten spyte van die groot bedrag wat hulle aan krediteure skuld.