VF Plus vaar uit teen e-tol

In Suid-Afrika sê die Vryheidsfront Plus sê hy verwerp wat hy noem “die misleidende verklarings” deur Gauteng se LUR van vervoer, Jacob Mamabolo, oor e-tol. Die party sê dit het die indruk geskep dat die stelsel afgeskaf gaan word. Die party se woordvoerder, Anton Alberts, sê Mamabolo het die mening op ‘n radiostasie uitgespreek. Alberts sê dit is eenvoudig opportunistiese uitsprake deur die ANC, wat verlore steun probeer terugwen. Hy sê dit is duidelik dat die nasionale regering sy voete sleep oor die kwessie en nou ‘n voorsprong op ander partye probeer behaal.