Brand by Bellville-burgersentrum

‘n Brand het vroeg Vrydagoggend by die burgersentrum in Bellville in Kaapstad uitgebreek. Sowat 35 brandbestryders en nege brandweerwaens probeer tans om die brand te blus. Rook het kort na half ses vanoggend uit die gebou begin borrel.