VF+ kritiseer vertraging in Malema se haatspraak-saak

Die Vryheidsfront Plus kritiseer die Nasionale Vervolgingsgesag vir ‘n vertraging van vyf maande met die haatspraaksaak teen die leier van die EFF, Julius Malema. Die klagte, wat in Julie verlede jaar ingedien is, raak Malema se gebruik van die liedjie “Kill the Boer, Kill the Farmer” en die uitdrukking “shoot to kill” tydens die EFF se tienjaarvierings. Die partyleier Pieter Groenewald sê ondanks die afhandeling van die polisie-ondersoek in Desember verlede jaar het die Vervolgingsgesag nog nie opgetree nie.