Old Mutual reik weer uit na soolvlak entrepreneurs

Soolvlak-entrepreneurs in die Ohangwena-, Zambezi-, Oshikoto- en Kavango-Wes-streke kan uitsien na ‘n ondersteuningshupstoot. Die Old Mutual Stigting het die derde uitgawe van die Old Mutual volhoubare, ekonomiese en bemagtigingsveldtog, of OM SEED, bekendgestel met ‘n totale belegging van 800 000 Namibiese dollar. Die vier streke is strategies gekies as die 2024 OM SEED-fokusareas om entrepreneurskap te bevorder, waarde binne plaaslike gemeenskappe te skep en te help om die Verenigde Nasies se doelwitte vir volhoubare ontwikkeling aan te spreek. Mignon du Preez, uitvoerende hoof van groepbemarking by Old Mutual Namibia, is aan die woord.