Veteraan Banyana-speler mik na wêreldrekord

Die veteraan van Banyana Banyana, Janine van Wyk, mik na ‘n nuwe wêreldrekord in Maandag se tweede Afrikabeker-kwalifiseringstryd teen Burkina Faso in Pretoria. Sy het Ahmed Hassan van Egipte se rekord van 184 internasionale wedstryde geëewenaar in Donderdag se eerste wedstryd in die Ivoorkus, wat 1-elk geëindig het. Die 36-jarige Van Wyk beplan om uit te tree sodra sy die nuwe rekord opgestel het. Sy glo sy laat Banyana Banyana op ‘n goeie plek, met ‘n aantal opwindende jong spelers.