Verwyder EFF-lid van burgemeesterskomitee vir finansies: Ekurhuleni DA

Die DA in Ekurhuleni vra dat die EFF-aangestelde burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Ondernemings en Projekbestuur, Nkululeko Dunga, onmiddellik verwyder word. Die party sê die oproep spruit uit die ernstige finansiële wanorde en ineenstorting van dienslewering wat die stad onder sy leierskap ondervind het. Fanyana Nkosi van die DA sê die duidelike onbeholpenheid wat Dunga ten toon stel in die hantering van dié belangrike portefeulje, beklemtoon weer die ANC-EFF-koalisie se skynbare gebrek aan kommer oor die welsyn van inwoners.