Red Bull se spanhoof word Vrydag verhoor

Motorsport: Die hoof van Red Bull se Formule Een-span, Christian Horner, word Vrydag verhoor nadat hy van onvanpaste bedrag beskuldig is. Die span se eienaars het ‘n onafhanklike ondersoek begin na die beskuldigings. Hulle sê hulle neem die beskuldigings baie ernstig op, maar weier om meer inligting te verstrek. Horner ontken die beskuldigings terwyl sy ondersteuners beweer hy is die slagoffer van interne struwelinge. Horner is in 2005 as spanhoof aangestel en was in beheer toe die span sewe bestuurders-wêreldkampioenskappe en ses vervaardigerstitels ingepalm het.