Vervreemde vrou van Zim-politikus sal arm verloor, mag nie land verlaat nie

Marry Mubaiwa, die vervreemde vrou van Zimbabwe se vise-president, Constantino Chiwenga, gaan haar regterarm verloor nadat sy toestemming geweier is om die land te verlaat om na Suid-Afrika te reis. Beatrice Mtetwa, die prokureur wat Mubaiwa ,40, verteenwoordig, het aan ‘n hof gesê dokters het tot die gevolgtrekking gekom dat haar regterarm geamputeer moet word. Sy het volgens berigte sepsis na ‘n operasie ontwikkel. Mubaiwa staar op die oomblik klagte van aanranding van haar voormalige kinderoppasser in die gesig en daarom moes sy toestemming bekom om na Suid-Afrika te reis vir mediese behandeling.