Vervoersektor sal sukkel met ekstra belasting op bande

Die Padvragvereniging van Suid-Afrika sê hy is besorg oor die uitwerking van bykomende belasting wat op ingevoerde bande na Suid-Afrika gehef word. Die uitvoerende hoof van die agentskap, Gavin Kelly, sê gebaseer op die geprojekteerde styging van 17 persent op vragmotorbande se koste ná landing, word beraam dit sal omgereken ʼn verhoging van ses-persent vir operateurs beteken. Dit is nadat die geprojekteerde band-prysstygings vir Augustus reeds bekend is. Kelly sê vervoermaatskappye kan nie byhou met die immer-stygende bedryfs- en brandstofpryse nie: