Vervoerkostes sal moet styg

Nes verwag, sal vervoerkostes skerp styg na die aankondiging van die nuwe plaaslike brandstofprys vir April. Die Namibiese adjunkminister van myne en energie het die dieselprys met amper 3 dollar opgestoot en petrol met amper 2 dollar. Stefan Terblanche, die hoof uitvoerende beampte van FP du Toit Transport sê geen vervoeroperateur kan bekostig om sy pryse dieselfde te hou nie.