Vervoer is hoogste aandrywer van Namibiese inflasie in November

Die jaarlikse inflasiekoers vir vervoer wat 14,3 persent van die Namibiese verbruikersmandjie uitmaak, is steeds die hoof-aandrywer van die algehele inflasie, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se verbruikersprys-indeks van November. Vervoer het in November 2022 met 18,3 persent gestyg, vergeleke met 11,9 persent gedurende November 2021. Op ‘n maandelikse basis het vervoer ‘n inflasiekoers van twee persent in November 2022 aangeteken, vergeleke met ‘n deflasiekoers van 0,7 persent in Oktober. Uitvoerende hoof van FP du Toit Transport Stefan Terblanche sê aan Kosmos 94.1 Nuus die stygende brandstofpryse is die hoof-oorsaak.