Liggame van twee straatkinders in Goreangabdam gevind ná stortreën

Die liggame van twee straatkinders is in die Goreangabdam gevind nadat dit deur Woensdag se vloede in die hoofstad meegesleur is. Elf straatkinders word vermis Stad Windhoek waarsku sy inwoners, veral in informele nedersettings, om versigtig tydens die reënseisoen te wees. Groot skade is in die hoofstad aangerig na die storm van tussen 88 mm en 100 mm wat groot skade aangerig het. Die Wernhil-winkelsentrum het oorstroom, ‘n munisipale bus is in ‘n rivier meegesleur en verkeersbotsings het plaasgevind. Sade Gawanas, burgemeester van Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Die reën het ook sy tol op ‘n lokomotief van TransNamib geëis wat ontspoor het. Woordvoerder Abigail Raubenheimer sê die skade is gering.