Vervoer-infrastruktuur raak kommoditeite, ekonomiese sektore negatief

Die senior ekonoom van FNB in die buurland, Thanda Sithole, sê hoewel die hoogtepunt van intense beurtkrag verby is, het die Suid-Afrikaanse mynbousektor steeds te doen met voortgesette uitdagings wat deur hawe- en spoor-infrastruktuur swakhede veroorsaak word. Hy voeg by die dinamika van eksterne vraag gaan ‘n sleutelrol speel en die land behou ‘n versigtige benadering, gegewe die styging in geo-politieke spanning. Sithole sê moontlike ontwrigting in vragvervoer kan die uitvoer van grootmaatkommoditeite verder negatief raak: