Vervanging van stoomkragopwekkers by Koeberg uitgestel

Kragopwekker Eskom sê dit sal die vervanging van drie stoomkrag-opwekkers by Koeberg eenheid 2 vir eers uitstel tot Augustus 2023. Die kragopwekker het vroeër vandag dié nuus bekend gemaak en sê voorlopige evaluasies het getoon dat die werk eers uitgestel moet gesit word om moontlike beurtkrag in die wintermaande te voorkom. Die nutsmaatskappy het beoog om die turbines reeds vanjaar te vervang, maar sê hy sal nou die vervangingsprojek tot volgende jaar opskort. Ons Kaapstadse korresondent, Fritz Platt, vertel meer.