Vervaardigingsektor sal bydra tot BBP van SA

Ontleders meen die vervaardigingsektor in die buurland sal in die tweede kwartaal van vanjaar ‘n positiewe uitwerking op die bruto binnelandse produk hê. Na afloop van vyf opeenvolgende maande se afnames, het vervaardigings-uitset herstel, en toon ‘n toename van 3,4 persent in April in vergelyking met die vorige jaar. ‘n Senior ekonoom, Thanda Sithole, beklemtoon die positiewe 0,5-persent maand-tot-maand groei op ‘n seisoens-aangepaste basis. Die sektor ervaar steeds uitdagings, insluitend verswakkende binnelandse aanvraag en ‘n eksterne omgewing wat nie ondersteunend is nie.