Vervaardigers van rekenaarspeletjies se inkomste daal

Take-Two Interactive Software, vervaardiger van rekenaarspeletjies soos Grand Theft Auto en Farmville, het sy jaarlikse inkomste voorspellings afwaarts aangepas. Die maatskappy het is ‘n knou toegedien met die oplewing in die Amerikaanse dollar en ‘n breër insinking in die industrie, en sy aandele het met 17 persent gedaal. Take-Two sê hy verwag nou dat aangepaste verkope vir die volle jaar tussen 5,4 miljard en 5,5 miljard Amerikaanse dollar sal wees, vergeleke met 5,8 tot 5,9 miljard dollar. Algehele besteding aan speletjies sal na raming in 2022 met 2,3 persent afneem, volgens data-ontledings, ná ‘n oplewing tydens die pandemie.