Vertragings veroorsaak deur duur DNS-toetse – Becker

Namibië het ‘n lang lys van onopgeloste misdaadsake met die polisie se ondersoeke wat steeds voortduur. Sommige van hierdie sake het DNS-toetse nodig wat lank kan duur om opgelos te word. Die hoof van die Nasionale Forensiese Wetenskap-instituut van Namibië, kommissaris Nelius Becker, het gesê dat een van die redes waarom hierdie sake so lang neem, is dat die proses baie duur kan wees. Becker verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.