Vertragings by howe frustreer

Die woordvoerder van die Affirmative Reposisioning-beweging Simon Amunime het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die vertragings in die hofsaak wat hulle teen die regering gebring het in verband met die lewering van 200 000 erwe. Behuising is ‘n daardwerklike uitdaging regoor die land en die beweging meen President Hage Geingob het nie sy 2015 belofte gehou nie. Amunime sê die vertragings is baie frustrerend veral omdat die saak belangrik is.