Vertraagde Orion-polis uitbetalings ‘om verskeie redes’

Namibiërs is in die feestyd en het geld nodig, maar verskeie lede van die publiek wat houers is van die Old Mutual Orion-polis kla oor vertraagde uitbetalings. Volgens die kliënte neem hul eise langer as 8 maande om uitbetaal te word. Kosmos 94.1 Nuus het met Mignon du Preez, Old Mutual se uitvoerende hoof van groepbemarking, openbare sake en volhoubaarheid, oor die aangeleentheid gepraat. Sy sê vertragings in uitbetalings kan weens verskeie redes wees.

Du Preez voeg by dat die polisuitbetalings volgens bedryfstandaarde sowat twee tot drie maande behoort te neem.