Reaksie op Swakop se verbod op vuurwerke

Die Swakopmund plaaslike raad het inwoners en vakansiegangers daaraan herinner dat dit onwettig is om vuurwerke op enige plek binne ‘n dorp of stad se grense te laat ontplof, ook in jou eie tuin of agterplaas, sonder vooraf toestemming. Vuurwerke mag vir mense prettig wees, maar nie vir honde en ander diere nie, aangesien die harde geluide stres en angs veroorsaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Sylvia Breitenstein, die Dierebeskermingsvereniging se bedryfsbestuurder, oor hoe vuurwerke diere negatief beïnvloed.