Versterking-spuite vir Covid nie nou nodig
Aansteking met ‘n nuwe variant van Covid-19 is besig om toe te neem in Europa en die VSA, en lede van die publiek wil weet of hulle vir versterking-spuite moet gaan. Die Namibiese gesondheids-ministerie sal ‘n aankondiging hieroor doen indien nodig, sê Adjunk Uitvoerende Direkteur Petronella Masabane. Sy voeg by dat hulle tans net J&J spuite beskikbaar het, wat nie die ander entstowwe versterk nie. As mense hul immuniteit wil versterk of immuniteit wil verkry, word hulle aangeraai om na J&J te migreer. Dit beteken dat ‘n nuwe inentingsronde sal begin.