Verstappen in voorste posisie in Spanje

Lewis Hamilton en Fernando Alonso sê albei, foute het hulle verhinder om in die voorste posisie saam met Red Bull se Max Verstappen weg te spring in vanmiddag se Spaanse Grand Prix. Die foute in hul laaste kwalifiserende rondes het hulle ook verhinder om Ferrari se Carlos Sainz te klop, wat in die tweede posisie wegspring. Hamilton, wat sê hy is tevrede met sy opgegradeerde Mercedes, begin vierde. Die tweemalige kampioen Alonso, wat vir Aston Martin jaag, sal in die agtste poisie wegspring. Hy het sy teleurstelling met sy vertoning uitgespreek.