Namibiese boere aan droogteverligtingskema herinner

Die landbouministerie herinner boere aan die sperdatum om die eise vir die maatreëls vir die uitgebreide droogtehulp-program in die Kunene-streek, en dele van Erongo en Omusati-streek van 1 Julie tot 31 Desember, in te dien. Dit geld ook vir die lewendehawe-ondersteuningsprogram aan die droogtegeteisterde streke van Omaheke, Hardap en Karas. Boere moet kennis neem dat slegs eise vir transaksies wat vir ‘n sekere tydperk gedoen is en wat nie voorheen ingedien is nie, aanvaar sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die ministerie senior skakelbeampte, gepraat…