Versoek vir vissermansnedersetting op Walvisbaai

Die Vakbond vir Mynbou-, Metaal-, Maritieme en Konstruksiewerkers het ‘n beroep op visserymaatskappye van Walvisbaai gedoen om te help om ‘n vissermansnedersetting te bou om werkers op see te help om ordentlike behuising te kry. Die vakbond se koördineerder van die Erongo-streek, Immanuel Festus, sê daar is ‘n gebrek aan bekostigbare behuising op die kusdorp vir vissermanne. Walvisbaai-munisipaliteit se woordvoerder, Anita Kaiviha, sê die vakbond is welkom om hul voorstel aan die munisipaliteit vir oorweging te lewer. Twee ander aansoeke van visserymaatskappye Tunacor en Seaworks is ook ingedien om grond te koop om behuising aan vissermanne te voorsien.