Verslapping van inperking gee ekonomie ‘n hupstoot

Die verslapping van inperkingsregulasies het die geleidelike verbetering in die ekonomie ondersteun, maar Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers is steeds 2,5-persent onder die vlak van die eerste kwartaal van 2020, aldus die FNB-ekonoom, Thanda Sithole. Die seisoen-aangepaste bruto binnelandse produk op ‘n jaargrondslag het met 4,6-persent, kwartaal op kwartaal gestyg, wat beter is as die 3,2-persent groei wat tydens ‘n peiling deur Bloomberg, deur 16 ekonome voorspel is. Sithole sê die opwaartse risiko vir die BBP-groeivooruitsigte wat voorspel word, is steeds ‘n groter waarskynlikheid.