Olifante van Zambezi rondom Katima

Die Namibiese omgewingsministerie het inwoners van Katima Mulilo in die Zambezi-streek gewaarsku teen die teenwoordigheid van olifante naby die dorp. Die woordvoerder, Romeo Muyunda, het gesê olifantspore is naby mense se huise gesien en heinings is beskadig. Die olifante kom vermoedelik uit Zambië en natuurbewaarders is op bystand om te reageer, indien nodig.