Verslag oor Botswana-weermag op Chobe-grens moet ter tafel gelê word

Die Namibian Lives Matter-beweging het ‘n beroep gedoen dat die verslag oor die gedrag van die Botswana-weermag op die verre noordelike grens met die buurland, in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê moet word. ‘n Parlementêre staande komitee het reeds in Julie verlede jaar die kwessie by die Chobe-rivier ondersoek. Dit kom na druk na die skietdood van drie Namibiërs en hulle neef in November 2020 deur Botswana se soldate. Die beweging se nasionale voorsitter Sinvula Mudabeti sê dit is skandelik dat dit amper ‘n jaar is en die verslag word nie bekend gemaak nie. Hy voeg by dat dit belangrik is om die inligting te bekom omdat die beweging die saak verder wil vat. Die buurland se hof het bevind die soldate wat binne hul regte was terwyl die beweging aanvoer die familie het net vis gevang.