DeSantis skerts met Trump, Biden tydens eerste veldtog-toespraak

Die Florida-goewerneur Ron DeSantis het sy veldtog vir die Republikeinse presidensiële kandidaat in Iowa, van stapel gestuur. Iowa is die eerste deelstaat wat stem vir die party se kandidaat en daarom is die deelstaat belangrik. DeSantis het die spot gedryf met sy voormalige bondgenoot, Donald Trump en sê Trump moenie kla oor hom nie, hy het dan sy hele familie vanaf New York na Florida verhuis onder hy wat DeSantis is, se leierskap in die deelstaat. Terwyl hy ernstige kwessies aangespreek het, het hy ook geskerts oor President Joe Biden.