Verskeie bomme, dele van handgranate ens., gevind by padkonstruksie

Die Namibiese polisie sê tydens die konstruksie van die hoofpad tussen Eenhana en Okongo is plofbare toestelle gevind. Lede van die mag is ingeroep op 31 Oktober en sal die gebied van omtrent 12 kilometer tot 18 November ondersoek. Tot dusver is 74 rondes ammunisie, 11 60mm mortierbomme, verskeie dele van handgranate en gebruikte toestelle gevind. Die polisie sê meeste van die toestelle is van Russiese en Suid-Afrikaanse afkoms en lede van die publiek word weer daaraan herinner om nooit aan sulke toestelle, wat oorblyfsels is van die vryheidstryd, te peuter nie.