Versigtig vir robwelpies

Ocean Conservation Namibia hou die rob-paarseisoen fyn dop, want die eerste robbewelpies het opgedaag en die see is vol lewe en visse. Kosmos 94.1 Nuus het met Naude Dreyer, die mariene bioloog by Ocean Conservation Namibia, gesels wat sê dat hy gelukkig is aangesien robbe nie vrek weens ‘n gebrek aan kos nie. Die feesvakansie het aangebreek en mense gaan baie tyd by die see deurbring. Dreyer raai vakansiegangers aan om weg te bly van die ma-robbe met hul kleintjies.