Simonstad-brand verwoes 1 140 hektaar

Tafelberg Nasionale Park in Kaapstad het bevestig die brand by Simonstad wat sedert Dinsdag woed, het sowat 1 140 hektaar vernietig. Dit sluit privaat eiendom, openbarewerke- en Tafelberg Nasionale Park-eiendom in. Die brand het tydens uiterste weersomstandighede uitgebreek wat hoë humiditeit, baie hoë temperature en sterk suidooste-winde insluit. ʼn Woordvoerder van die SANParke, Lauren Howard, sê dié toestande, tesame met droë plantegroei, skep die ideale omgewing waar brande weens die hoër brandgevaar vinniger versprei: