Versigtig vir misdadigers wat hulle voordoen as polisie

Die Erongo polisie het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om versigtig te wees nadat dit aan die lig gekom het dat misdadigers hulle voordoen as lede van die polisie. Inspekteur Ileni Shapumba, die streek se bevelvoerder vir gemeenskapsake het aan nuusagentskappe gesê dat daar Maandag so ‘n voorval plaasgevind het en die verdagte is geskiet. Shapumba sê slenters sluit in dat mense moet betaal vir werk, bestuurderslisensies en selfs sommer direk borg aan die sogenaamde beamptes betaal. Hy het lede van die publiek daaraan herinner dat beamptes geen geld kan ontvang nie en ook nie betaling by die publiek eis nie.