Versigtig op B4: Woestynperde wei langs die pad

Daar word ‘n beroep op besoekers aan die Sperrgebiet in die verre Suide van die land gedoen om uiters versigtig te bestuur op die B4-roete. Gondwana Lodges sê Garub het reën ontvang, ongeveer 3 tot 5 mm en die woestynperde wei langs die teerpad opsoek na die groen gras. Bestuurders moet ‘n oog uit hou vir hulle langs die pad en versigtig wees.