Schlettwein sê werklike efundja is nog op pad, waarsku inwoners

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein het sy besoek aan die Noorde in verband met die efundja voltooi. Hy sê waarnemings toon dat die werklike efundja nog op pad is en dat skerp stygings in watervlakke in die komende dae verwag word.

Hy voeg by dat inwoners sedert 2011, toe die laaste groot efundja sy opwagting gemaak het, infastruktuur opgerig het in gebiede wat kwesbaar is vir vloede en dus, word skade verwag. Beter beplanning is noodsaaklik.