Versigtig om Covid vir malaria te diagnoseer

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika doen ‘n beroep op inwoners van Limpopo, KwaZulu-Natal en Mpumalanga sowel as mense wat die afgelope ses weke na Mosambiek gereis het en koors of griepsimptome toon, om hul te laat toets vir malaria. Die instituut sê baie malariagevalle word verkeerdelik as Covid-19 gediagnoseer. Hy sê malaria en Covid-19 het soortgelyke vroeë simptome, insluitend koors, kouekoors, hoofpyn, moegheid en spierpyn en waarsku ongediagnoseerde en onbehandelde malaria kan ernstige siekte veroorsaak wat dodelik kan wees. Dieselfde sal vir Namibiërs geld, veral in die Noorde.