Versigtig met onvoorwaardelike verwydering van rooilyn

Reaksie word ontvang op kommentaar deur Swapo-wetgewer Natangwe Iithete wat sê die veterinêre kordonheining moet verwyder word omdat Namibië nie daar is om Europa en die VSA kos te gee nie. Hy sê dit is ‘n koloniale struktuur wat die meeste Namibiërs onderdruk. Hy sê solank as die rooilyn bestaan, sal ekonomiese vryheid vir Namibië ‘n droom bly. Die bekende landbou-kenner dr. Kobus Laubscher sê dit sal katastrofies wees as die heining onvoorwaardelik verwyder word.