N$15m-lening op reël 108 in mosiehof 

Die rol vir die mosiehof vanoggend het bestaan uit 85 aansoeke vir verstekvonnisse met 13 wat reël 108 aansoeke was. Kommersiële banke het 50 van die aansoeke gebring. Daar is 26 eiendomslenings wat onbetaald is met skuld ter waarde van 18,8 miljoen Namibiese dollar sowel as 22 uitstaande lenings met ‘n skuldlas van ‘n reuse 22 miljoen dollar. Een lening van amper 15 miljoen dollar is op die reël 108 aansoeke. Twee voertuie moet ook terugbesorg word. Regters Shafimana Ueitele en Esi Schimming-Chase het die sessies hanteer.  In Maandag se sessie sal daar 48 onverdedigde egskeidings voor regter Claudia Claassen wees.